WM Auto Body Repair het Maandag die deure van hul ruim, nuwe perseel in Industriesingel No 3 oopgeskuif. Die grys gebou, met sy rooi fassiebord en handgeskilderde letterwerk in rooi, geel en wit met die tipiese swart en wit van ‘n motorresiesvlag wat die ingangsdeur afrond, kan nie misgekyk word nie.
Die besigheid doen hoofsaaklik herstel- en spuitverf aan voertuigbakwerk en spog met ‘n ‘Spectro Match’ kleurmenger, wat beteken dat die kleur van die bestaande bakwerk geskandeer word en presies gemeng word, sodat daar geen verskil tussen die nuwe en die ou verf is nie.
Wietze van der Westhuizen, die eienaar, spog met bykans 9 jaar ondervinding in die bedryf en word bygestaan deur sy bestuurder, Koos Viljoen.
Selfdoeners kan kies uit ‘n reeks Duxone en Plascon motorbakwerkverf wat van die rakke af verkoop word, asook allerlei skuur- en verwante motorverfprodukte.
Die WM Auto-span kan hulle kliënte bystaan met tegniese raad.













