Met die naderende einde van die jaar is die Birkenhead Boothengelklub se hengelaars kort op mekaar se hakke vir die onderskeie trofeë.
Saterdag, 9 September 2017 se boothengelkompetisie het relatief gelykop verloop, sonder hengelaars wat bo ander uitgetroon het, alhoewel die vangste goed was.
4 bote het ingeskryf en al 4 het ingeweeg. Die aantal bemanning was 13, waarby 1 junior ingesluit was.
Die totale aantal vis was 92, met 'n totale massa van 68.5kg, wat ‘n gemiddeld van 5.30kg per hengelaar beteken.
Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Jean Downing (rooi roman, 2.3kg); 2de Swaarste vis, Bev Swart (rooi roman, 2.25kg); Swaarste sak, Ben Uys (9.15kg); 2de Swaarste sak, Juan van der Merwe (8.85kg); Swaarste bootgemiddeld, Oupa van Ben Uys (8.37kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Bella Me van Bev Swart (5.35kg); Junior swaarste sak, Hennie Groenewald (8.1kg).
Die 1ste 3 voorlopers nà die 10de boothengelkompetisie vir 2017 is: Bootkampioene - Oupa (51.18kg) van Ben Uys, Bella Me (42.40kg) van Bev Swart en Relêks (34.86kg) van Jean Downing; Mans Visvangkampioene - Ben Uys (54.25kg), Danie Fourie (53.30kg) en Bev Swart (48.00kg); Junior Visvangkampioen - Hennie Groenewald (44.55kg).













