Die Openings Toernooi van die jukskeiseisoen het Saterdag, 9 September 2017 in Gansbaai plaasgevind.
10 spanne het deelgeneem: 3 in die A-afdeling, 3 in die B-afdeling en 4 in die C-afdeling.
Gansbaai het die A-afdeling gewen, met Kleinmond wat die B- en C-afdelings gewen het. Proewe vir die Meesters is gedurende die dag gehou en die finale wenners is aangekondig.
Vanjaar is dit die 3de jaar wat Overberg as Distrik aan die Suid-Afrikaanse Meesters Toernooi in Kroonstad vanaf 2 tot 6 Oktober gaan deelneem.
Die spanne wat gekies is, is:
B-span: Jako Botes (Kaptein), Groenberg; Carina Botha, Gansbaai; Toeks Moore, Gansbaai; Willie Marais, Groenberg.
C-span: Stella Geldenhuys (Kaptein), Gansbaai; Francine Rowan, Gansbaai; Poppie Marais, Groenberg; Andre van der Walt, Kleinmond.
E-span: Penny Davidson (Kaptein), Groenberg; Toeks Botha, Groenberg; Peter Moore, Gansbaai; Ria de Klerk, Bettysbaai.















