Jaiden Dickson van Gansbaai is tydens Hermanus Hoërskool se sportdinee as Senior Sportvrou vir 2017 gekies.
Sy het vanjaar die Suid-Boland atletiekspan gehaal asook die Overberg netbalspan waar sy as die Beste o/17 speler aangewys is.
Sy het vir Hermanus Hoërskool se eerstespan netbal o/19 gespeel en in die o/18 Bolandrugbyspan vir dogters uitgedraf.
Sy was ook ‘n lid van Hermanus Hoërskool se eerste krieketspan.













