George Groenewald en Charl Eksteen, leerders van Laerskool Gansbaai, is opgeneem in die Boland 7’s-rugbyspan.
Dié twee seuns het reeds gedurende die Junie-vakansie aan die Coca Cola Cravenweek deelgeneem. George het flank gespeel en Charl haker. Die Bolandspan het ‘n 5de plek behaal uit die 18 deelnemende spanne. Hulle is saam met AJ Bosch en Veno van Vuuren (van Laerskool Gansbaai), ook gekies vir die Suid-Boland 7’s-rugbyspan.
George en Charl het Saterdag, 9 September 2017, in Saldanha deelgeneem aan die Boland 7’s-rugbyproewe en is opgeneem in die Boland 7’s-rugbyspan. Hulle sal gedurende 27 – 30 September deelneem aan ‘n provinsiale toernooi te Bloemfontein. Dié seuns is voorwaar ambassadeurs vir Laerskool Gansbaai!














