Vir ‘n groep studente wat pas hulle tuisversorgingskursusse geslaag het, is hulle opvoedkundige, Suster Irene de Waal, soos ‘n Florence Nightingale van ouds.
Dit het duidelik deurgeskemer dat dié vrou ‘n verskil in die studente van Carpe Diem Opleidingsentrum se lewens gemaak het.
Een van haar kursusgangers het haar bedank met: “Mag goedheid en guns Suster volg – Al die dae van jou lewe.”
Op haar beurt het Suster de Waal die sertifikaat-seremonie afgesluit met: “Ek wil net mooi dinge van julle hoor.”
Om hulle sertifikate te kon verwerf, moes die Carpe Diem-groep ‘n 2 weke lange huishoudingskursus, gekombineer met ‘n tuisversorgingskursus deurloop.
In dié tyd het hulle onder andere geleer hoe om blomme te rangskik, knope aan te werk, koper blink te vryf en verswaktes te versorg.
Van die versorgers is reeds by versorgingsoorde geplaas vir werk.
Volgens Suster de Waal is daar ‘n groot behoefte aan gekwalifiseerde versorgers, veral in Hawston, Hermanus en Stanford.













