Twee van Laerskool Gansbaai se talentvolle leerders, Danelle Hamman en Kyra van Niekerk, is met medaljes en sertifikate tydens die Overberg Kinderkuns Kompetisie beloon.
Hierdie kompetisie bied die ideale geleentheid vir leerders om hul talente na vore te bring.
Vanjaar se tema was “How I see my world”, wat baie fasette van die kunswêreld behels het.
Leerders het die geleentheid gehad om elke Vrydag hul kunstalent te beoefen en Laerskool Gansbaai is baie trots op die twee leerders wat as wenners aangekondig is.













