
Ontmoet ons Eiendomsagente - Seeff Eiendomsgroep
"Seeff wyk so bietjie af van die normale eienaar/prinsipaal-konsep," vertel Cornie Swart, konsessiehouer (maar self ook n agent!) van Seeff in Groter Gansbaai. "Ek is dus n konsessiehouer van Seeff Country en werk vanaf hoofkantoor in Swellendam, waar die lisensiehouer Ian Badenhorst is."
Cornie het die konsessie vir Gansbaai in 2011 oorgeneem. n Paar jaar later het hy besluit om uit te brei. Hy het takke onderskeilik in Pearly Beach (2016) en Stanford (2018) oopgemaak. "Dit is so dat die aanbring van fibre by ons ook n rol speel met huiseienaars wat van hul huise af in kusdorpe wil werk," se Cornie, "maar einklik is dit al lankal aan die gang met die opvangs in die algemeen wat nie te swak is nie."
Cornie se hulle het gevind dat kleiner plasies ook al hoe meer gewild onder kopers as leefstyl-eenhede geraak het. Ingesluit is onder andere Baardskeerdersbos en Wolvengat. "Daarom het ek vir Deon du Plessis aagestel om ook op landbou-eiendomme te fokus. Deon, wat in Saoedi-Arabie gewerk het, se ervaring op die gebied van menseverhoudinge, skole-inspekteur en IT-aangeleenthede is sonder twyfel vir ons n goot aanwins."
Seeff fokus op residensiele-, kommersiele-, ontwikkelings- en landbou-eiendomme. "Ons het genoeg water en die regte klimaat en kan vir niks meer vra nie," se Cornie. Groter Gansbaai se gedugte span Seeff-agente onder leiding van Cornie Swart (jare in eiendomsmark), is: Ganbsaai - Hannes Cilliers (17jr), Marlene Uys (16jr), Anet Rossouw (3jr) en Daniel Stemmet (2jr). Pearly Beach: Nelia Muller (18jr), Vivienne Burton-Moore (1jr) en Deon du Plessis. Stanford: Diana Edmundson (19jr) en Marianne Rossouw (16jr).
En die konsessiehouer, Cornie Swart? Dit is natuurlik n man wat geen bekenstelling nodig het nie. Tans is Cornie n eiendomsagent en konsessiehouer van Seeff, maar hy is ook m bekende boer van die omgewing. Hy werk sedert 1973 met landbou-voorligting en is al vir die afgelope 37 jaar by georganiseerde landbou betrokke, met die hoogtepunt van President van Agri Wes-Kaap vir die afgelope 9 jaar.