Maandelikse Funksie en Huur van Lokaal
Die Birkenhead Bootklub het Saterdag, 14 Augustus 2021 hul maandelikse funksie gehou in die hawe en het 3 heerlike soppe voorgesit met bykosse en poeding.

Silwerjare Ouetehuis
Daar het heelwat sop, patats en poeding oorgebly en die komitee het eenparig besluit om dit aan die Silwerjare Ouetehuis te skenk.
Op Sondag, 15 Augustus 2021 het van die komiteelede dit oorhandig aan die bestuur van die ouetehuis, wie later laat weet het dit was goed ontvang.
Verhuuring van Lokaal
Die bootklub is elke Woensdag oop en dan braai die lede en hul gaste, terwyl die saal met kombuis, tafels, stoele, eetgerei, kroeg ek kroegdame beskikbaar is vir verhuring teen tariewe beskikbaar is vir die publiek.
Dit kan gebruik word vir troues, verjaardae, vergaderings, funksies, ens.



Indien jy belangstel om n lid te word of om die saal te gebruik, kontak Birkenhead Bootklub.

