Bulletin: Orrel
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
n Taakspan is aangestel om die herstel van die orrel te ondersoek. Na deeglike navorsing, asook navrae by ander gemeentes wat soortelyke probleme met hul orrels ervaar het, is besluit om n kwotasie vir die volledige herstel van ons orrel teen die beraamde koste van ongeveer R100 000 te aanvaar.
Derhalwe is daar besluit om n orrelfonds te stig vir die insameling van hierdie fondse.
Die taakspan is deur die Kerkraad versoek om die herstelprojek en die fondsinsamelings poging te koordineer.
Ons eerste projek is n looitjielys waar die wenner 2 aande vir homself en sy gesin by die Goedereede gasteplaas, Robertson, kan wen. Vir meer besonderhede kontak ons Kantoor.
Skenkings/donasies kan by die Kerkkantoor gemaak word of in n koevert gemerk "Orrelfonds" in die kollektebord tydens eredienste geplaas word.
Vir enige navrae kontak gerus die Kerkkantoor.
Looitjielys ten bate van NG Kerk Gansbaai Orrelfonds: R25 per looitjie
Goedereede Guest Farm, Robertson
Wen 2 aande vir jou en jou gesign by die gastehuis op n plaas, 8km buite Robertson langs die Breerivier. Julle sal ook n bottel Rietvallei-wyn met aankoms ontvang en varsgebakte beskuit van die plaas. Besoek gerus die webwerf www.goedereede.co.za vir meer inligting en foto's.