Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. Verslaafdes word vasgevang in’n spiraal waaruit moeilik ontsnap word, ongeag of dit op hul eie of met profesionele hulp.
Plaaslik bied Ikamva (‘n NGO) spesialisdienste teen middelafhanklikheid. Ikamva beteken “toekoms” in Afrikaans. Die area wat bedien word sluit in groter Gansbaai-gebied, sowel as omliggende plase en dorpe.
Lizel Murtz is die plaaslike maatskaplike werker.
Ikamva se kantoor is geleë in die gemeenskapsaal in Blompark. Tuisbesoeke word ook gedoen.
Kantoorure is Maandag tot Donderdag 08:00 - 15:00 en Vrydag 08:00 - 14:00.
Kontakbesonderhede is: telefoonnommer 028 007 0327 en epos: Ikamvamaatskaplik @gmail.com