Ouma, dogter en kleindogter uit op diepsee-hengel
Glo dit of nie, maar drie geslagte vrouens het onlangs drie visspesies tydens diepseehengel gevang - met twee van hulle wat nog nooit diepseehengel gevang het nie.
Die gedugte drie geslagte is Ouma Miems Burger (‘n Birkenhead Boothengelklublid), haar dogter, Betsie Myburgh en haar kleinkind (Betsie se dogter), Elisa Myburgh (5). Hulle was saam met skipper Rick Kuises, ook ‘n Birkenhead Boothengelklublid, en George Hayward diepsee toe met Rick se boot, @Work.
“Vir Betsie en Elisa was dit ‘n eerste hengelvaart diepsee toe, maar hulle het hul kant gebring,” vertel Rick. “Ons het op ‘n redelike moeilike see uitgegaan om geelstert, geelbek en silwervisse te vang en was so gelukkig om met al drie spesies terug te keer.” Rick sê die twee ‘nuwelinge’ kan nie wag om weer diepsee toe te gaan nie.



