Boland Rolbal Inter Zone 2022 Toernooi
-5 Gansbaaiers in Overbergspan met wegholoorwinning-
Dit was voorwaar ‘n groot prestasie van die Overberg Rolbalspan wat met ‘n wegholoorwinning in die Boland Rolbal Inter Zone 2022 Toernooi geseëvier het - met 5 van die Overbergspan se rolbalspelers vanuit ons dorp - Gansbaai (Franskraal Rolbalklub).
Hierdie 5 rolbal-ambassadeurs vir Gansbaai is Stephan en Renet Chambers, Judith Vorster, Lerina Ferreira en David Roos (ongelukkig afwesig met fotosessie). Twee van hierdie spelers, Judith en Liriena, het sowat twee maande gelede na Hermanus Rolbalklub oorgeskakel.
Die prestige rolbaldag, Boland Rolbal Inter Zone 2022, het gedurende die naweek van 20 Augustus 2022 in Langebaan plaasgevind. Die deelnemende Zones (in wenvolgorde) was Overberg (90.5), Wynlande (79.0) en Weskus (70.5) - wat ‘n behoorlike oorwinning vir ‘n trotse Overbergspan - baie geluk, ook vanuit die geledere van die Gans-Berg Nuusspan!



