Franskraal Rolbalklub
Arrie Nel Apteekgroep Rolbal Borgdag
Veertien rolbalspanne het vir die gewilde Arrie Nel Apteekgroep (Gansbaai Apteek) se Rolbal Borgdag ingeskryf. Van vroeg af was dit net rolbalspelers en balle - van meet af aan was dit duidelik dat die rolbalspelers in ‘n ‘hewige’ stryd gewikkel was.
Die wenners uit 14 spanne was...
1ste - Michael Vermeulen en sy span (12+13); 2de - Jurgens Schreuder en sy span (12+28); 3de - Judy Vorster en haar span (8+5). Kokkie de Kock (President) het die spanleiers van elke span navore geroep om die prysgeld van Emile Calitz, Bestuurder/Apteker van Gansbaai Apteek, te ontvang. Emile en sy geliefde, Simoné Liebenberg, was self ook lede in ‘n span.
Voordat die pryse uitgedeel is, is die klub se ‘Spinwiel’ gedraai, met twee goeie pryse vir twee gelukkige spelers op wie se name die ‘Spinwiel’ gaan staan het. Die wenner was Peter O’Reilly wat ‘n duursame koffiemasjien, geborg deur Emile Calitz, gewen het. Tweede was Danie Delport wat ‘n eweneens duursame prys gewen het.
“Wat meer kan ek sê as net baie, baie dankie na só ‘n suksesvolle borgdag soos hierdie,” het Kokkie gesê. “Weer eens baie dankie Emile vir Arrie Nel Apteekgroep se borgskap van vandag!”