Gebed
Oor gebed kan mens baie skryf. Ek dink soms ook te veel. Nadenke van gebed begin by verwondering. Karl Barth het geskryf dat die verwondering dat ek met God kan praat reeds gebed is. Gebed is luister en hoor, smeek en pleit, intree en voorgaan, verlang en vra.
‘n Gemeente kan nie lewe as gemeenskap van gelowiges sonder dat dit ingebed is in gebed nie. Daar is ‘n behoefte onder lidmate om meer te leer oor gebed en so ‘n ruimte sal binnekort geskep word. ‘n Ruimte vir saambid maar ook praat oor gebed. Ten diepste om te leer om te rus in God. Richard Rohr skryf: “You rest in God, not in outcomes”. Hou die afkondigings dop.