Die gewilde jaarlikse Kersmark vind weer vanaf 9 - 23 Desember plaas in die Pretoruissaal, Hoofstraat, Gansbaai.
Plaaslike, sowel as uistallers van elders bied 'n keur van hul produkte te koop aan. Ideaal om u kersinkopies te kom afhandel.
Die Kersmark is 'n gemeenteprojek. Gemeentelede word versoek om as vrywilligers diens te doen as pakkers en toesighouers. Die besprekingsboek vir diensbeurte is by die Kerkkantoor of die Vrydagmark. Enige een se hulp sal baie waardeer word.