Almal wil graag gedurende die Kerstyd lekker eet en kuier. Almal van ons is egter nie so gelukkig om aan te sit by tafels wat kreun van kos en lekkernye nie. Badisa voorsien op ‘n baie gereelde basis noodsaaklike nie-bederfbare kospakkies aan behoeftige gesinne. Items in die pakkies sluit onder andere in koffie, tee, suiker, poeiermelk, blikkies kos (vleis, vis en groente), pasta, rys, pap en smere soos grondboontjiebotter.
Badisa verwelkom enige skenkings van nie-bederfbare produkte. Die produkte word dan volgens gesinne se behoeftes versprei. Skenkings kan by Badisa se kan-toor by die Kategese lokale afgelewer word. Badisa is ook betrokke by ons behoeftige skoolgaande kinders. Elke kind het skryfbehoeftes nodig as hy of sy skool toe gaan. Kom ons help ook hierdie kin-ders deur Badisa se voorraad vir 2018 aan te vul. Potlode, penne, kleurkryte, uitveers, liniale, potloodsakkies, skêre. Al was die meeste van ons lank terug in die skool, kan ons ons seker nog indink wat ‘n kind nodig het, en veral die ongemak en ongerief as hy of sy dit nie het nie.
Dit is kersfeestyd, ‘n tyd vir gee en omgee. Kom ons maak ons harte en hande oop en wys dat ons omgee mense is. Kontak hulle gerus vir enige navrae.