Sondag, 12 November 2017, het die Jeugbediening weereens ‘n luisterryke Kerssangdiens onder leiding van dr. Lisel Joubert aangebied met tema: God was vir ons goed.
Die program het op ‘n hoë noot begin met Academia Gansbaai se Marimba orkes se uitvoering van Amazing Grace. Die program is afgewissel met koorsang, gemeentesang en voorlesings. Kore wat opgetree het was van Laerskool Okkie Smuts, Gansbaai Primêr en Laerskool Gansbaai (grondslagfase en intersenfase). Die Hoërskoolleerlinge het ‘n tablo gevorm wat die geboorte van Christus uitbeeld. Voorlesings is deur Lara Strydom, Hilke Swanepoel en Carli Lourens gedoen. Orrelspel is deur Mya Joubert gelewer. Die program is afgesluit met ‘n Marimba-uitvoering van die immergewilde lied Stille Nag. Baie dankie aan elke kind wat deelgeneem het aan hierdie pragtige uitvoering. Ons as gemeente is trots op ons jeug! Baie dankie ook aan die leerkragte en ander vrywilligers wat gehelp het om die aand ‘n sukses te maak. Ons sien uit na volgende se jaar diens. Die verrigtinge is afgesluit met ‘n saamkuier in die Pretoriussaal (vir groot-mense) en verrassingspakkies vir die kinders.