VROUEBEDIENING:
Die vrouebediening bestaan uit twee bene. Die een is die gasvryheidsbediening wat verantwoordelikheid neem vir gemeente-etes en funksies en die tweede is die projekte.
Op die oomblik is die bediening betrokke by Laerskool Okkie Smuts se koshuis op Stanford, Huis E van Herberg Kinderhuis op Robertson en by die Michelle Maraisstudiesentrum.
Let wel: Ons wil egter ‘n ruimte skep vir enige inisisatief wat nog nie reeds by ‘n ander bediening aangespreek word nie. So ‘n inisiatief kan ‘n projek word. (dit kan wees enigiets van ondersteuningsgroepe tot kunsklasse!)
Ons beplan ook om betrokke te raak by die Sinodale projek van Diakonia, naamlik “Nali-Bali” wat ‘n leesprogram is vir kleiner kinders. As u enigsins wil betrokke raak skakel asb vir Lisel Joubert (082 8504182)
Benodighde vir die projekte:
- Okkie Smuts: Winter skoolklere of donasies vir die aankoop daarvan
- Herberg Kinderhuis: Persone wat graag betrokke wil wees by jaarlikse kamp.
- Michelle Marais-studiesentrum: Persone met onderwys agtergrond wat vrywillig graag wil betrokke raak, donasies ook altyd welkom.
- Gasvryheidsbediening: Persone wat wil betrokke raak met maak van broodjies, Gemeente-ete en ander funksies.