Beroep van Leraar:
Ds Dirk van Dyk se amptelike aftrede is 31 Desember 2018. Die Kerkraad het ’n Pre-Advieskomitee aangestel om die vakante leraarspos te vul.
1. Leraarsprofiel: ’n Leraarsprofiel is saamgestel en besluit dat die persone wat aansoek doen se ouderdom 35 jaar en jonger moet wees.
2. Die Leraarspos is gedurende Mei in die Kerkbode en Vrydagnuus van die Kerk geadverteer. Sluitingsdatum: 31 Julie 2018: Aanstellingsdatum 01 Januarie 2019
3. Nominasies: Lidmate word die geleentheid gegee om nominasies van Leraars, hy/sy binne die raamwerk van die profiel voor 15 Julie 2018 by die Kerkkantoorin te dien. Indien u ‘n leraar nomineer, moet u asseblief hom/haarself kontak en vra dat ’n CV moet aanstuur. Epos adres: ngkgansbaai@telkomsa.net
Sluitingsdatum 31 Julie 2018
Die Gemeente se voorbidding vir die proses van beroeping word gevra.