BEDIENING DIENS VAN BARMHARTIGHEID - WINTERPROJEKTE
- Ons vra hierdie jaar weer asseblief om mussies, serpe en bedsokkies te brei.
- Ons vra ook groot asseblief indien u sop kook vir u huis of bredie maak ook te dink aan die minderbevoorregtes en ‘n bakkie uit te skep en na Badisa se kantoor of by die kerkkantoor af te gee. Elke dag kom hier mense wat koud en honger is, en so kan ons hulle help met ‘n bakkie sop/ of bredie. U kan dit gevries bring, ons plaas dit in die vrieskas en maak dit dan warm soos nodig.
- Oorskiet wol, lappies en leë potplanthouertjies word benodig asseblief! Kontak Francia van Dyk 028 3840262.
Elke bydrae word waardeer: Dankie vir al u hulp, ook in die verlede. Christel Sprong