OK FOODS GANSBAAI BENOEM VIR TOP KLEINHANDEL-TOEKENNING IN 2018!
OK Franchise Divisie, Kaapstad
Die OK Franchise Divisie se Franchisee van die Jaar-toekenning bring hulde aan lede wat die standaarde van die kleinhandelbedryf verhef, en toon hul toewyding daaraan om die OK handelsmerk voortdurend te groei en te verbeter. 'n Span keurders beoordeel aktief al die OK Foods supermarkte deur die loop van die jaar om die mees waardige ontvanger vir dié gesogte prys te vind. Slegs een OK Foods winkel vanuit 'n uitmuntende groep finaliste word uiteindelik jaarliks die titel toegeken.
OK Foods Gansbaai was benoem as een van die top franchise-houers in 2018. Die gelukkige eienaars, Chris en Petra van Rensburg, bestuur die winkel reeds die afgelope 15 jaar, en hulle glo persoonlike kommunikasie met hul klante is die sleutel tot hul sukses. Chris en Petra het die OKFD konferensie bygewoon vanaf 7 tot 11 September in Lissabon, Portugal. Hoewel hulle nie die toekenning huis toe gebring het nie, was hulle trots om die Wes-Kaap te verteenwoordig by die konferensie.
Die OK handelsmerk sluit tans meer as 420 winkels in wat individueel besit word regoor Suid-Afrika, Namibië en Swaziland.