Dankie! Kersmark 2018
Gedurende Desember het Linda Cilliers en haar span weereens ‘n suksesvolle kersmark van hoogstaande gehalte aangebied. Ons dank en eer ons Hemelse Vader wat die groot taak geseën het.
Spesiale dankie aan dié kersmark-span! Dankie ook aan al die lidmate en persone wat as helpers, toesighouers pakkers by die mark diensbeurte verrig het. En ‘n groot dankie aan Francia van Dyk en almal wat so hard gewerk het en die Kafeteria ten bate van Diens van Barmhartigheid bedryf het.
Besoekers van heinde en verre het die mark besoek. Die afmosfeer by die mark en die kafeteria was deur besoekers gekomplimeneer as uitstaande. Almal wat betrokke was... Julle maak Gansbaai lekker!!!