Opedag: Dienswerk & Omgee deur gemeentelede
‘n Opedag was aangebied op Sondag 17 Februarie 2019 en verskeie Bedieninge en Diens-groepe het hul werksaamhede in die Sysaal “bekendgestel” aan die gemeente. Werksaamhede is uitgebeeld en vrywillige-en hulpwerkers uit die groepe het gereed gestaan om meer inligting te verskaf.
Binne ons groot Makro gemeente speel lidmate, wat die leraars en dienende kerkraads-lede bystaan, onmisbare rolle binne die bedieninge en diensgroepe en vir die wyke as hulpwerkers. Die doelwit met hierdie opedag-bekendstelling is om by te dra tot beter begrip en moedig meer lidmate aan om betrokke te raak by aksies waar hulle geroep voel om koninkryks-werk en hul passie vir God se kerk uit te leef. Groepe wat deelgeneem het: Gasvryheidsbediening, Diensgroep Kommunikasie, Gebed en Intersessiegroep, Michelle Maraisstudiesentrum, Plaasbedieningsgroep, Sen-ding en Uitreikbediening, Herberg aan See en Goue Hande, Huis E Robertson kinderhuis-groep en die Diens van Barmhartigheid.
Vir kontakbesonderhede t.o.v die kerkraad (wyksouderlinge en diakens) en die onderskeie groepe en hul sameroepers is in die kerkalmanak van 2019 aangebring.