Baardskeerdersbos Jeug
Baardskeerdersbos se jeug lê almal na aan die hart. Hulle is van voorskool tot amper matriek. Hulle het gegroei van tien tot amper dertig. Daar word spesiaal vir die jeuggroep ‘n boodskap gebring gedurende kerktyd. Hulle geniet dit baie om te plak en iets te skeo uit niks.
Die eerste kwartaal is afgesluit met ‘n poppekas en heerlike koek. Ons doen verskillende projekte. Gedurende Paastyd het ons paaseiers uitgedeel.
Ons is besig om beertjies en poppies in te samel om aan die minderbevooregte kinderstjies in Beverly Hills uit ted eel. Hulle waardeer dit baie.
Baie dankie aan almal wat deel is van die Baardskeerdersbos se Jeugspan om dit moontlik te maak vir die kinders om deel te hê aan God se wonderlike plan met ons.
Spesiale dankie aan die Kerkraad van Baardskeerdersbos wat ons ondersteun.
Groete. BBos Jeugspan.