Paas-en Lydenstyduitstalling
2019 se Paas-en Lydenstyduitstalling het weereens gewys watter wonderlike Godgegewe talente in ons omgewing is. Die uitstalling is gehou vanaf 17-21 April. Besoekers se ervaring was baie positief soos uit die kommentare in die besoekersboek blyk.
34 Uitstallers het vanjaar hulle werke uitgestal.Hierdie is ‘n projek vir die gemeenskap uit die gemeenskap(interkerklik) ‘n Verskeidenheid mediums is gebruik, byvoorbeeld verf, geskrewe woord en hekelwerk.
Ons sien uit na nog vele uitstallings. Baie dankie aan Dr.Lisel en haar span.
Kommentare:
Ongelooflike kuns in die naam van Jesus wat die grootste offer vir ons gebring het. Geseënd. Rita
Baie dankie vir al die liefde en omgee om julle talent met ons te deel. Prys Sy naam! Alta vd W
Wat ‘n wonderlike gevoel om by ‘n uistalling van soveel talent te kon wees, alles is vreeslik mooi uitgelê en netjies. ‘n Paas-wonderwêreld. Mignon Aylward
Thank you Lord for the beautiful gifts you gave your people. Miceille from Perpigon France