Ouer en kind saam op hul lewensreis.
Die vrae hieronder is as “alternatiewe" vrae by die doop/preek Sondag 2 Junie gevra. Vrae wat elke ouer kan oordink en vir hulself beantwoord t.o.v. hul lewensreis met hul kind.
V: Wat wil julle hê moet julle kind van God weet?
V: Dink julle, julle weet al alles of gaan julle saam met julle kind op reis?
V: Saam met watter God gaan julle op reis?
V: Hoe sal julle wil hê moet die wêreld lyk waarin sy/hy grootword.
V: Wat moet die waardes wees van mense wat jou kind mee te doen gaan kry?
V: Wie dink julle moet die kriteria opstel waarmee jou kind hom/haarself eendag gaan meet?
V: Wat is jou diepste verlange vir jou kind?