Lydenstyd
Ons begin en ons einde (nadenke oor Aswoensdag)
Die ding van stof is dat dit in die Bybel elke keer dui op ‘n begin en nie ‘n einde nie. Die stof-rooigrond-klei het in Genesis 2 gelê in die hande van die Pottebakker, wat dit intiem gevorm het tot die mens. Met hande en warm asem is ons gemaak. Die stof waarnatoe ons terugkeer land weer in die hande en word herskep in iets wat ons net vaagweg begryp as ons bely “ons glo in die opstanding van die vlees”. Jan Richardson skryf tereg: “Do you not know what the Holy One can do with dust?” In ons nietigheid lê die skeppingskrag van God.