n Uitnodiging tot afhanklikheid
Deur die eeue het gelowiges tydens lydenstyd gevas - hulleself iets ontneem. In sekere tradisies was daar dan spesifieke eetgewoontes en is daar weggebly van vleis, olie en wyn. Vas moet egter baie breer verstaan word. Ons word uitgenooi om van iets afstand te doen vir die 40 dae. Nie omdat ‘n reël is nie, nie omdat ons wil bewys hoe sterk ons wilskrag is nie, nie omdat ons God se guns wil wen nie, maar om juis bewus te word van ons habits en onvryheid. Eers as ek my 11-uur koffie los kom ek agter hoe vas ek daaraan is, dat ek nie so vry is as wat ek dink nie. Ek begin besef hoe groot my afhanklik van God werklik is, dat ek nie my eie verlossing kan uitwerk nie en dat ek niks is sonder sy genade nie. As ek nie my 11-uur koffie kan los nie, hoe dink ek gaan ek my jaloesie, my vasklou aan my besittings kan oorgee en laat gaan? Eintlik - tong in die kies - is ons skerms moeiliker om te los as ons koffie. Vas in al sy moontlikhede was nog nooit ‘n moet nie, maak my nie ‘n “beter” Christen nie, maar lydenstyd is wel ‘n ruimte in die kerkjaar wat as ek kies om die uitnodiging te aanvaar my tog kan leer van afhanklikheid en genade, my tog kan laat groei in my kennis van myself en God. En miskien kom ek agter dat die ding wat ek gelos het, ek miskien nie eers weer wil terughe nie. Joan Chittister skryf: “We don’t have enough time to waste time on nothingness.”