Versoeking is groter as sjokolade
Ons daaglikse praat maak versoekings klein. Die sjokolade hier en die stukkie vet vleis daar. Ons kan dit opgradeer na die steel van iets of die roekelose uitleef van ons seksuele begeertes. Alles dinge wat ‘n daaglikse realiteit is en van ons selfbeheersing vra. Maar wat van die grootste versoeking en subtielste wat ons bekruip?: Die wonder of dit die moeite werd is om Christus te volg, om vas te hou aan sy Evangelie en my te commit aan sy kerk. Die versoeking van dink dat dit geen verskil maak nie, glad nie worth it is nie, of ek self beter af is ver van God en sy kerk af. Die versoeking van “Why bother?” want dit lyk of baie mense heel goed regkom sonder God en kerk. Die versoeking dat die God van Jesus eintlik nie die moeite werd is nie.