Vriendskap as liefde
Lydenstyd is deel van die verhaal van Liefde. Liefde is meer as ‘n gevoel. In die Bybel is daar baie woorde vir liefde, elkeen met sy eie nuanse, almal te make met God. Een so woord is “filia” of broederliefde/vriendskapsliefde. Jesus het immers ons sy vriende genoem. Ons lees in Johannes 15: 13 dat Jesus sê: “Niemand het groter liefde as dit nie: dat sy lewe vir sy vriende aflê.” En dan noem Hy sy dissipels (en ons) sy vriende. Dit is die Jesus wat by sy vriend Lasarus se graf gestaan en huil het. Die Jesus het uit liefde vir sy vriende wel sy lewe afgelê. Dit is ons, Jesus se vriende, wat in lydenstyd
diep bewus word van sy liefde vir ons. Miskien kan onsself anders kyk na ons eie vriendskappe.