Lydenstyd - Om Te Kan Huil
Lydenstyd is die tyd van die jaar waar ons genooi word om gestroop voor God te staan.
In die erkenning van ons sonde ontdek ons God se genadige goedheid. Die woestynvaders van die vroegste eeue het dit reeds verstaan. Daarom lees ons in die “Sayings of the Desert Fathers and Mothers” dat Isaac van Niniveh skryf: “He who is aware of his sins is greater than one who can raise the dead. Whoever can weep over himself for one hour is greater than the one who is able to teach the whole world, whoever recognises the depth of his own frailty is greater than the one who sees visions of angels.”
In ‘n wêreld vol selfversekerdheid en hoogmoed het ons meer trane nodig. Om te huil vir myself en ander.