Liefde sonder ‘n bodem
Ons kom maar elke keer terug na die liefde. Iris Murdoch skryf oor die liefde: “The point is, one will never get to the end of it never get to the bottom of it, never, never, never. And never, never, never, is what you must take as your shield and your most glorious promise.”
Die Middeleeuse skrywer Hadewijch wat in Ou Flaams geskryf het, het gepraat van die “Afgront” van God se liefde (vertaal as Abyss in Engels – reeds gedagte van bodemloosheid). Hoe ernstig vat ons die liefde van God? As ek begin kriteria opstel vir wie my, die kerk of God se liefde waardig is het ek klaar die liefde beperk en die “never” uitgehaal. Die hardkoppige, afgrond liefde van God is eintlik nie “normaal” nie, dit het soms min te maak met ons daaglikse bolangse gevoelens teenoor mense en die skepping. Daarom moet ons soms maar voor Afgront sit en onsself toelaat om oor die rand te loer.