Lydenstyd
In die lig van die COVID 19 Virus en die veelvoud stemme wat kom uit geloofsgemeenskap is vandag se oordenking saam met Dr Lisel Joubert krities belangrik!
Verkeerd praat oor God
Hoe praat ons oor God te midde van rampe en lyding? Job help ons hier mee. Job is een van drie wysheidsboeke in die Bybel, saam met Spreuke en Prediker. In Job word ‘n Oorsaak-Gevolg verstaan van lyding bevraagteken. Dit beteken dat lyding straf is op sonde en so probeer sy vriende hom ook oortuig. Iewers moes Job iets verkeerds gedoen het. Job baklei met God oor sy onskuld en sy vriende bly hom aankla. Aan die einde van verse op verse se dialoog praat God uit die natuur en dan lees ons in Job 42: 7-8 dat God sê Job se vriende “het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie” (for you have not spoken rightly). Miskien moes sy vriende eerder net in solidariteit langs hom gaan sit het in sy lyding en nie soveel laste op hom geplaas het nie. Hopelik in hierdie moeilike tyd wat ons as gemeente ook ingaan ondersteun ons en het lief want dit is tog hoekom ons kerk is.