God en my naaste
Lydenstyd is ‘n tyd van paradoks. Dit beteken dat ek twee dinge langs mekaar plaas wat lyk of hulle teenoorgestelde is, maar tog altwee waar is. In Lydenstyd hoor ons dat ons belangrik en geliefd is, so geliefd dat Jesus sy lewe vir ons sal gee as sy vriende. Dat hy my op my naam ken en ‘n pad met my loop. Tog - soos ons leer om dinge waaraan ons vasklou te laat gaan, kom ons al hoe meer tot die insig dat dit nie oor my gaan nie, dit gaan oor God en my naaste. So as geliefde sit en verlustig ek my nie net in my identiteit nie maar ek laat toe dat dit oorspoel want almal is geliefd en alles gaan eintlik oor God.