21 Dae 21 Psalms: Dag 4
1. Word rustig, haal diep asem.
2. Fokus op jou gehoor (wat hoor jy?) vir ‘n rukkie en skuif jou fokus na reuksintuig (wat ruik jy?).
3. Omstandighede dwing ons om stadiger te lewe. Kom ons omarm dit. David Benner in sy boek “Soulful Sprituality” skryf: “Multitasking is an enemy of presence, as is efficiency. Give yourself permission to be inefficient. Practise doing only one thing at a time for periods of time every day”. Oefen om teenwoordig te wees, want God is ten volle in die nou en hier teenwoordig.
4. Lees Psalm 15 meer as een keer rustig deur.
5. Die oomblik as ons etiese riglyne lees dan weeg ons of onsself of ons dink aan ander wat ons dink oortree. Probeer om nie een van die twee dinge te doen nie. Lees weer die Psalm en hoor God se hart.
6. Teken ‘n hart op papier en binne in wat jy hoor God wil (bv. God wil nie dat iemand seergemaak word deur ‘n ander se woorde nie).
7. Dink bietjie oor die volgende stelling: “In ‘n tyd van krisis en onsekerheid is ons so angstig en selfgerig dat ons maklik vergeet dat liefde ons opdrag bly ten spyte van omstandighede”.
8. Dank God dat deur sy liefde aan ons geopenbaar in Jesus Christus en sy vryspraak ons nou sy woonplek is. Hy is nooit ver nie. Vra God se Heilige Gees dat ons verlang om Liefde te wees vir ons medemens.
[Direkte Vertaling, vers 1]
“Here, wie mag ‘n gas wees in U tent?
Wie mag tuisgaan op U heilige berg?]