21 Dae 21 Psalms: Dag 9
1. Word rustig. As jy inkleurboek het, kleur bietjie in. Jy kan ook “mandala to colour in” uitprint van die internet af. Kies kleure met jou nie-dominante hand terwyl jou oë toe is, sodat jy nie so “in beheer” is van die kleure van jou prent nie. Raak bewus van die dringendheid in jou terwyl jy inkleur, iets soos: “ek moet seker iets anders doen”, ignoreer dit, haal diep asem en kleur verder in (so 15-20 minute).
2. Waardeer dit wat jy nou geskep het.
3. Lees Psalm 37 rustig deur. Dit is ‘n langerige Psalm so moenie haas nie.
4. Wat klink vir jou bekend soos jy die Psalm lees? (Iemand het gesê: “The more personal the more universal”, dit beteken hoe meer iemand vanuit sy eie persoonlike ervaring skryf hoe meer kan iemand daarmee assosieer. Dit is hoekom die Psalms vir ons so lewend bly, want dit klink so bekend).
5. Hierdie is ook ‘n Akrostiese Psalm soos gister se Psalm 25, die verskil is net dat elke tweede vers met ander letter van die Hebreeuse alphabet begin (bv 1, 3, 5, ens).
6. Lees vers 4 meer as een keer hardop deur:
Daar is lied wat ons sing wat so klink: “Verlustig jou in Hom en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart…”, Die NRSV vertaal dit met: “Take delight in the Lord and He will give you the desires of your heart”. Lees dit saam met die eerste Vraag en Antwoord van die Westminster Confession wat as volg lei (skryf gerus vers 4 en die woorde langs mekaar neer):
Vraag: What is the chief end of man? (oud engels vir wat is die hoofdoel/roeping van die mens).
Antwoord: To glorify God and enjoy Him forever.
7. Hoe laat dit jou oor jou lewe dink as jy hoor dat jy geroep word om God te geniet?
8. In die tradisie van Geestelike begeleiding na aanleiding van die werk van Ignatius van Loyola is een van die belangrikste vrae wat ons moet beantwoord: “Wat is jou diepste begeerte?” (What is your deepest desire?). Sit vandag met die vraag.
9. Miskien kan twee dinge jou help met die vraag:
Augustinus het geskryf mens word wat jy begeer (you become what you desire).
Ignatius het geskryf dat jou diepste begeerte dit is wat God in jou hart geplaas het.
10. Maak ‘n wilsbesluit om jou in God en God se skepping te verlustig ten spyte van.