21 Dae 21 Psalms: Dag 15
DAG 15: PSALM 88
1. Dit is vandag Goeie Vrydag. ‘n Dag van stilte, want ons het nie regtig taal om die kruisgebeure te verwoord nie.
2. “This day / let all stand still / in silence / in sorrow
Sun and moon / be still
Earth / be still
Still / the waters
Still / the wind...” (gedeelte uit “Still” van Jan Richardson)
3. Blaai deur jou Liedboek as jy een het, en lees die lydensgesang wat nog altyd die meeste tot jou gespreek het.
4. Lees Psalm 88. Vandag is ‘n dag van min woorde en spraakloosheid. Die Psalm verwoord iets hiervan. Die vrymoedigheid om te kan sê wie jy vandag “is”.
5. Die lydende God, Jesus aan die kruis, kom gee ons taal en ruimte om ook ons eie donkertes te verwoord. Skryf net neer wat in jou gedagtes kom.
6. Ek deel die woorde van Mirian Kessler (ook in lig van Psalm 22 wat ons reeds gedoen het):
“My God My God, he cried,
if he is quoted right…
Somehow that moan is comforting
to us, alone at night,
who tremble, daring dawn,
that He, so wise and strong,
should weep and ask for aid.
Somehow, my lovely distant god,
it makes me less afraid”.