21 Dae 21 Psalms: Dag 16
DAG 16: PSALM 103
1. Raak stil met woorde van Lied 398: “O Jesus, Man van smarte / o Liefde onbegrens, /skryf diep in alle harte / die woord: “Aanskou die Mens!” / O laat my nooit vergeet nie/die kroon, die kleed, die riet!? Geen groter troos in leed nie - dis ook vir my geskied”.
2. Ek het nog altyd gedink dat ons op Goeie Vrydag en Stil Saterdag te veel praat. Eintlik is dit net dae waarop ons diep bewus is van ons gebrokenheid en God se hardkoppige liefde. Vandag Stil Saterdag, ‘n dag waar die dissipels geen hoop gesien het nie. Die Een op wie hulle vertrou het, het voor hulle oë gesterwe en hulle het hom in ‘n graf gaan sit. Dit is ‘n dag bepaal deur persepsies. Dit wat hulle gesien het, het hulle uitsig vir die toekoms bepaal. Hulle het die gebeure by die kruis gelees as ‘n teken van God se nie-teenwoordigheid. Hoeveel keer in jou lewe het jy al afleidings gemaak, perspepsies gehad van ‘n situasie wat op die ou einde heel anders uitgedraai het?
3. Lees Psalm 103 rustig deur. Die Psalm word baie keer saam met die nagmaal gelees. Watter assosiasies maak dit in jou wakker?
4. Psalm 103: 1 “Bless the Lord, O my soul, and all that is within me, bless his holy name” (NRSV); “Ek moet die Here met hart en siel prys, met alles in my moet ek sy heilige Naam prys.” Lys die dinge waarvoor jy vandag vir God wil prys.
5. Sit net vandag met vers 1. Jy kan ook die Taize lied: “Bless the Lord my soul” luister.