21 Dae 21 Psalms: Dag 17
DAG 17: PSALM 100
1. Christus het opgestaan. Christus het waarlik opgestaan!
2. As jy toegang het tot internet, luister op YouTube: Rimsky Korsakov se Russian Easter Overture. Baie Christene oor die wêreld wag op Paasmôre vir die son om op te kom, om so die oorwinning van Lig en Lewe te vier.
3. Lees Psalm 100 ‘n paar keer hardop deur, miskien kan jy hom neurie “Juig almal tot Gods lof en eer” in die Ou Gesangeboek: “Juig al wat leef, juig voor die Heer”.
4. Laat die woorde heeldag op jou lippe bly: “Want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie”.
5. Ek deel die meditasie wat ek van te vore geskryf het:
Wit soos sneeu
Ek was al bevoorreg om in sneeu te stap - vars sneeu wat die dag begin val het en steeds besig was om te val. Die ervaring was een van weerkaatsing en skoon begin. Dit was asof die wit en die stilte (sneeu is stil) weerkaats en jou gedagtes en hart skoonvee, uitnooi om nuut te begin.
Janet Morley beskryf iets hiervan in die lig van die opstanding, dat alles nou oop en ontbloot is:
God of terror and joy,
you arise to shake the earth.
Open our graves and give us back the past;
so that all that has been buried
may be freed and forgiven,
and our lives may return to you
through the risen Christ.
Amen.
Om aan te gaan moet ons eers skoonmaak of eerder gewillig wees om skoongemaak te word. Jesaja praat tog van “wit word soos sneeu” (1:18).
[NRSV Make a joyful noise to the Lord, all the earth. Worship the Lord with gladness; come into his presence with singing.”]