21 Dae 21 Psalms: Dag 19
DAG 19: PSALM 107
1. Raak rustig. Haal diep asem. Vat ‘n folio papier, verkieslik sonder lyne (maar ek besef ons vat wat ons het!) en kryte/potlood/pen (wat ook al jy tot jou beskikking het) en teken die bladsy vol, daar moet niks wit oorbly nie. Kan ‘n prent wees, kan net patrone of geskribbel wees, op ‘n manier sit jy iets van jouself op papier. (Hoef dit vir niemand te wys nie…)
2. Dit is Paastyd in die kerk. Soek vandag bewustelik vir tekens van nuwe lewe.
3. Lees Psalm 107 stadig deur. Dit is ‘n langerige Psalm, so neem jou tyd.
4. Die Psalm skets verskillende scenarios waar God ingegryp het.
Wees kreatief. Jy kan of die scenarios teken of woorde kies om hulle te beskryf. Maak ‘n bladsy vol van hierdie “storielyne”.
5. Wat is die gemene deler in al hierdie scenarios?
6. Lees weer vers 43:
(NRSV “Let those who are wise give heed to these things, and consider the steadfast love of the Lord”,
Direkte Veraling: “Wie wys is, moet hiervan kennis neem en nadink oor die troue liefde van die Here”.)
Dink vandag bietjie na oor wat wysheid in hierdie konteks beteken.