21 Dae 21 Psalms: Dag 20
DAG 20: PSALM 131
1. Raak rustig, haal diep asem. Word stadig bewus van elke deel van jou liggaam.
2. Skep vandag jou eie mandala. Sirkels help ons om ons gedagtes te integreer, bymekaar te bring. Teken ‘n sirkel op papier (mbv passer, bord etc). Verdeel die sirkel in ewegroot “pizzaslices”, vier of agt, maak nie saak nie. Maak nog kleiner sirkels binne die groter sirkels amper soos die ringe van ‘n boomstomp. Begin teken/skep. Die belangrikste is dat die patroon presies herhaal moet word binne elke sny. Soek gerus op internet vir voorbeelde.
3. Lees Psalm 131 drie maal deur:
[Direkte Vertaling:
Here my hart is nie hoogmoedig en my oë verwaand nie.
Ek hou my nie besig met groot dade of wonderwerke bo my vermoë nie.
Nee, ek het my gemoed tot kalmte en bedaring gebring.
Soos ‘n kindjie (of gespeende) by sy ma,
soos ‘n kindjie, is my gemoed in my
Israel, vestig jou hoop op die Here,
van nou af en vir altyd.
NRSV
O Lord my heart is not lifted up,
my eyes are not raised too high…
But I have calmed and quieted my soul,
like a weaned child with its mother;
my soul is like a weaned child that is with me].
4. Watter emosies maak hierdie Psalm in jou wakker?
5. Dink bietjie oor jou Godsbeeld. Ons gebruik mos maar metafore vir God omdat ons naastenby wil probeer verwoord wie God is met taal wat ons ken. Hy is mos altyd meer. Die Bybel leer Hy is pottebakker, vader, koning, moederhen, herder en baie meer. Wat maak dit in jou menswees wakker as jy God as “ma” sien, watter assosiasies het jy. Skryf hulle neer.
6. Roep die gevoel op om met ‘n slapende kind in jou arms te sit, ‘n kind/baba wat heeltemal ontspan het en ten volle vertrou. Verbeel jou jy is die kind/ Verbeel jou jy is die ma.
7. Mag God ons onderskeiding gee om altyd vrae te vra maar nooit te “slim” te word en te dink ons het ook al die antwoorde nie.