21 Dae 21 Psalms: Dag 21
DAG 21: PSALMS 146-150
1. Vandag bestaan net uit lof. Die laaste vier Psalms in die Psalmboek begin en eindig elkeen met die woord “Halleluja!”. In die 1983-vertaling vertaal met “Prys die Here!”. Die Hebreeuse woord wat agter “Halleluja” het te make met die werkwoord “hallel” wat beteken om ‘n vreugdevolle loflied te sing. Dit verwys ook na ‘n geluid wat in die keel gemaak is wat ons ook in baie kulture vandag kry.
2. Al wat jy vandag gaan doen is om deur die dag al vyf Psalms hardop te lees. Nie direk na mekaar nie, want elkeen moet op sy eie gehoor word. Jy kan aan einde van dag kies watter een die meeste tot jou spreek.
3. Ek herinner aan die Westminster Confession: “What is the chief end of man [and woman]? To praise God and enjoy Him forever.”