Paasgedagte
Dit is Paastyd in die Kerk!
Die Graf is leeg
die lewe in sy oorvloed rouheid
gevul met Christus se teenwoordigheid
omvat ons
deursyfer ons deur en deur
Hierdie is ‘n vreemde lewe
nie gemeet in gesondheid of geld nie
of selfs aldag pret en plesier nie
maar in die diep asemhaal van elke dag
en die diep wete
dat in Christus
niks verlore gaan
niks nutteloos is
en alles en almal
[soms onbewustelik]
smag na die dag wat
alles wat ons verhinder om werklik te sien
smelt en wegwaai
verdwyn en vergaan