Oordenking: My kop se stryd met my hart se verlange
Lees: Ps 42 en 43
Die laaste oordenking het geëindig met die onderwerp van verlange en hunker na God. Ons hart is onrustig in ons totdat dit rus vind in God. Die geloofstaal van: verlange, dors of hunker na God val vir ons miskien vreemd op die oor. Selfs die gedagte van stilte en stilwees vind ons vreemd. Ons is meer bekend en gemaklik met die taal van: dink oor God, dogma’s oor God, teorieë oor God en werklikheid, preke oor God, verklarings oor God se bestaan, verklarings vir lyding as wat ons is met hartstaal of verhoudingstaal van verlange en hunker. Waar kom hierdie ongemak en onbekendheid vandaan? Dit is asof daar ‘n stryd is tussen my kop(rasionele) en belewenis, tussen kennis en geloof. Waar vind ek God? In die logiese wetenskaplike antwoorde op my vrae? In die onderstaande vertelling hoor ons in die vrae van die Leermeester se dissiples hierdie stryd afspeel, wat ook ons stryd is. Lees die gedeelte en word stil voor God met jou gedagtes.
Each day the disciple would ask the same question: How shall I find God?
And each day he will get the same mysterious answer: through desire.
One day the Master happened to be bathing in the river with the disciple. He pushed the man’s head under water and held it there while the poor fellow struggled desperately to break loose.
Next day it was the Master who began the conversation: Why did you struggle so when I held your head under water?
Because I was gasping for air.
When you are given the grace to gasp for God the way you gasped for air, you will have found him.