Laerskool Gansbaai Skoolterrein Verbode
Ouers, leerders en publiek moet asseblief daarop let dat skoolterrein (sportterrein ingesluit) van Laerskool Gansbaai verbode is vir gebruik sonder die nodige toestemming.
Ons is bewus daarvan dat lede van die publiek oortree deur oor die heining te spring om gebruik te maak van die sportterrein as 'n oefengebied. Die SAPD het die reg om hierdie oortreders te beboet in so 'n geval.
Dankie vir u samewerking om ons skoolterrein skoon en veilig te hou.