Wereldbiddag vir Vroue


Vrydag 4 Maart 2022 is Wereldbiddag vir vroue in die NG Kerk gehou. Die verrigtinge was onder leiding van Marina van Dyk. Saam met haar op die foto van links na regs is haar "helpers" met die aanbiedinge, Liesbet Kondoktor (VGK Blompark), Marina, Anita Johnson (Family Church), Surika Jansen van Rensburg (Lede van Christus) en Verna Fortuin ook van die VGK wie die sangbegeleiding gedoen het.
Die tema was "Ek weet wat Ek vir jou beplan". Skriflesing uit Jeremia 29:1-14. Die skrifgedeelte is deel van 'n brief wat Jeremia aan die ballinge skryf waarin God Sy plan uiteensit: hulle moes bly waar hulle is en nuwe lewens vir hulself in hierdie vreemde land bou.
Foto 2 is die voorstelling van die embleem soos deur Anita Botha en Elcine Hulme uitgebeeld.