SPORT: Netbalprestasie
Baie geluk aan Litha Tyindyi (0/13), Anke & Ciske Kok (0/12), Haylie Kriel (0/12) en Lara Warren (0/12) met hul opname in die Overberg Netbalspan, wat vanaf 14 - 17 Julie 2022 aan die Interdistrikte Toernooi in Wellington sal deelneem. Baie geluk ook aan juf Melissa Doyle, wat gekies is as afrigter van die 0/12 Overbergspan wat aan hierdie toernooi sal deelneem. Welgedaan aan elkeen van julle en sterkte met die oefensessies wat voorlê!