Overberg-Kleure vir Skaak
-Laerskool Gansbaai-
Die trote Gansie-skaakspan van Laerskool Gansbaai, 24 van hulle, het hulle Overberg-kleure vir skaak verwerf.
Hierdie hele 2 dosyn leerders was gekies om Overberg tydens die Westelike Provinsie Skaaktoernooi van 27-29 Mei 2022 in Worcester te gaan verteenwoordig.
Die span het in geheel baie goed gevaar. Anke Oosthuizen, Luandi van der Linde en Michaely Arends het 4 van hulle 6 wedstryde gewen - pragtig! Elkeen van hierdie skaakspelers is met pragtige sertifikaat beloon - ‘2022 Wes-Kaapse Skoleskaak: Individuele Kampioenskappe’.