
Gansbaai Fotografieklub: Wes-Kaapse Interklubkompetisie
Dit is ook net ‘n span fotograwe wat hulle klublede, wat vir ‘n fotografie-kompetisie ingeskryf het, op so ‘n wyse sal bekendstel - knapgedaan!
Die klublede op die saamgestelde foto verteenwoordig nie al die klub se lede nie. Dit is net die groep wat onlangs vir die Wes-Kaap Fotografieforum se Interklubkompetisie ingeskryf het.
Links onder is Nelleke Ferreira, die ‘enigste’ fotograaf met ‘n glas wyn, natuurlik! Maar dit is darem met goeie rede: Nelleke het op 26 Julie 2022 verjaar en moes duidelik op die foto uitgewys word. Tydens die onlangse byeenkoms van Gansbaai Wynproegilde, was dit nie net ‘n glas wyn nie, maar ook ‘n verrassings-verjaarsdagkoek wat aan haar oorhandig is.
Nou-ja, of dit die Wynproegilde of Fotografieklub is, die gesellige samesyn van klublede is altyd ‘n plesier om waar te neem.